MI(SA) is `n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en `n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiek deur Antoni Schonken: Die nuwe verbond - `n Misorde vir die universum. Hiermee tree Krog en Schonken in gesprek met die geliefde Misa Luba en Misa Criolla. Marthinus Basson vermeng rite en liturgie en skep `n grensverskuiwende eietydse klankbeeld van Suid-Afrika, oorwegend in Afrikaans, maar ook met Latyns, Grieks, Engels, Xhosa en ou Khoisan-woorde. Krog noem dit `n "wetenskaplike mis wat die skade wat die mens aan mekaar, sowel as die planeet aanrig, besweer." Die MI(SA) word ook nie net deur die Kaapstadse Operakoor gesing nie - die stories van die koorlede en waar hulle vandaan kom, vorm deel van die mis.
Amanda Strydom(solis), Cecilia Rangwanasha(sopraan), Makudupanyane Senaoana(tenoor), An? Pretorius (mezzo-sopraan), Erik Dippenaar (klavesimbel), Kaapstadse Operakoor
Terms & Conditions