Koekeloer!

Book your tickets

Choose Venue & Date/Time Choose Tickets

Select Venue

Date & Time

Koekeloer! is `n splinternuwe, eg Suid-Afrikaanse klug uit die pen van Nagtegaalwenner, Braam van der Vyver, wat beloof om ``n onvergeetlike skaterlag-ervaring te wees. Di? komedie speel af in `n woonstel in Stellenbosch tydens die finale rondte van die Koekedoor-kompetisie. Die twee finaliste, Marie Colesk?, `n oujongnooi van Koekenaap, en Mari? Kok, `n lingerie model van Ruimsig, moet sake in die finaal uitspook en mekaar uitoorl? met hulle vernuftige bak-en-brou-planne. Wie gaan die wenner van die kompetisie wees? Wie nie koekeloer nie, gaan niks sien nie!

Theatrerocket, die vervaardiger wat met Die reuk van appels en DEURnis verskeie kykNET Fi?sta-toekennings ingepalm het, is terug met nog ? treffer. Koekeloer! is ? splinternuwe, eg Suid-Afrikaanse klug uit die pen van Nagtegaalwenner, Braam van der Vyver, wat beloof om ? onvergeetlike skaterlag-ervaring te wees. Di? komedie speel af in ? woonstel in Stellenbosch tydens die finale rondte van die Koekedoor-kompetisie. Die twee finaliste, Marie Colesk?, ? oujongnooi van Koekenaap, en Mari? Kok, ? lingerie-model van Ruimsig, moet sake in die finaal uitspook en mekaar uitoorl? met hulle vernuftige (en by tye agterbakse) bak-en-brou-planne. Voeg daarby ? onbeholpe klouterdief en privaatspeurder, ? jaloerse bokskampioen, ? stuitige lingerie-ontwerper, ? statige predikant, ? omstrede boek en ? onderstebokoek, en jy het die ideale resep vir elke moontlike vermaaklike misverstand! Veteraan-akteur Gavin van den Berg, wat in die 80`s bekendheid verwerf het as Jacques Rynhard in die TV-reeks Ballade vir ? Enkeling, vertolk die rol van Ds. Vilonel (Vo?ltjie) de Groot ? ? man wat vinnig sy statigheid verloor wanneer hy met die fyner kant van sekere kledingstukkies te doen kry. Voor jy kan s? `mes`, is die spreekwoordelike koe?l reeds deur die koek. Wie gaan die wenner van die kompetisie wees? Wie gaan kop verloor en watter jakkals gaan van kle(u)re verander? Wie nie koekeloer nie, gaan niks sien nie!

Gavin van den Berg, Ben Pienaar, Erna Jo, ?mil Haarhoff, Juanita de Villiers Velts en Tiaan Slabbert

Select Venue

Date & Time


Important note:

 
View Tickets