Die manier waarop taal en toon vervleg word loop soos `n goue draad deur die volkslied, kunslied, Europese kleinkuns en die Afrikaanse luisterlied. Susan en Jannie span kragte saam om nuwe nuanses te voeg tot `n bekende klankpalet met tjello, kitaar en stem. Daarmee saam skep die deurwinterde skrywer en regisseur, Emma Bekker, jukstaposisies wat die uiteenlopende tekste verrassend toelig en laat terugkeer na die essensie van artistieke uitinge gebaseer op menslike ervarings, emosies en versugtinge om die hart telkens bolmakiesie te laat slaan.
Jannie du Toit - Sang en kitaar
Susan Mouton - tjello
Terms & Conditions